Kruispad Gemeente Hazeldean

Cafe Berea Erediens


Café Berea is vir jong mense, studente en jong werkende volwassenes.

 
Hoekom Café Berea?
 
Ons glo die Evangelie van Jesus Christus is bedoel vir die Markplein. Paulus was nooit bang om die Evangelie op die Markplein te verkondig nie, dit is juis waar die Woord die toets kan deurstaan.
 
Die Here het julle jongmense geroep vir die plekke soos die Markplein -vandag se skool, universiteite en die werk om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig.
 
As jou verhouding met die Here Jesus Christus nie op die Markplein sigbaar is, en iets beteken nie, gaan dit nêrens anders iets beteken nie.
 
Eredienste tydens die Corona Virus Grendeltyd
 
Volgens die huidige inperk regulasies Café Berea se byeenkomste op Sondae aangebied word by Curro Hazeldean om 17:30.
 
Indien u nie die preek uitsendings dmv Whatsapp ontvang nie,
kan u vir ons ‘n WhatsApp boodskap stuur na 071 882 9815.
 
Stoor Kruispad se nommer – 071 882 9815 op u slimfoon.
 
Ons sal jou besonderhede op ons stelsel laai, wat jou in staat sal stel om weeklikse kommunikasie te ontvang. 
 
Nooi ‘n vriend of vriendin, almal welkom by Café Berea!

Cafe Berea Erediens

Aanwysing

Curro Private School,
1 Silverlakes Rd, Silver Lakes
Pretoria

Kontak Ons

Phone : +27 71 882 9815

Email : sandy@kruispadhazeldean.co.za

Erediens Tye

Sondag 17:30 – 18:30

sandy@kruispadhazeldean.co.za

071 882 9815