Kruispad Hazeldean Gemeente

 

FINANSIËLE BYDRAES

 

Kruispad Gemeente, baie dankie vir julle bydraes, of dit nou maandeliks is of tydens Sondae se kollekte opnames. Die offers wat U gee is  vir die onderhoud  van die gemeente, asook vir die bystandsverlening van verskeie barmhartigheid organisasies asook vir die verkondiging van die evangelie.

Tydens Augustus maand sal daar geen kollekte opmanes tydens die eredienste gedoen word nie. Hierdie maand is die maand waar u tydens u stilte tyd, by die Here hoor, waar jy jou maandelikse en kollekte offers moet saai. 

Maandelikse offers kan per stop-order of elektroniese oorplasing gedoen word. Vir 10de offers kan u, u van+10de as verwysing gebruik. Vir privaatheid doeleindes, is u welkom om slegs 10de as verwysing te gebruik. 

Lidmate is ook welkom om bydraes vir enige ander aksie en organisasie aan die gemeente te maak in die genoemde rekening, maar u word versoek om duidelik aan te dui vir watter saak die bydra is. 


Jou finansiële ondersteuning maak dit moontlik dat ons met ons werksaamhede kan voortgaan en ons wil graag almal bedank wat ons so getrou ondersteun. 

Indien jy graag meer wil weer oor die aanwending van die fondse, is jy baie welkom om ons kantoor te skakel. Daar is ook goedgekeurde finansiële state beskikbaar indien u sou belangstel.

admin@kruispadhazeldean.co.za

Kantoor

071 882 9815