Meer oor Kairos




In Efesiers 5:16 beteken Kairos “Maak die beste gebruik van elke geleentheid” om dit verder te verduidelik beteken dit Tydig, Betyds, ‘n Spesifieke seisoen.
 
Deur die jare het die nood soveel toegeneem, dat ons besluit het om ‘n onafhanklike NPO op die been te bring. Kairos “Verander Lewens” is geinspireer deur Dr. Gideon Du Plessis nadat hy sy hart oopgemaak het vir ‘n kind met ‘n oog probleem. Die verandering wat sy onbaatsugtige hulp aan hierdie kind se lewe gemaak het kan aan niemand beskryf word nie.
 
Dit is by hom waar ons geleer het wat Kairos werklik beteken. In Efesiers 5:16 beteken Kairos “Maak die beste gebruik van elke geleentheid” om dit verder te verduidelik beteken dit Tydig, Betyds, ‘n Spesifieke seisoen. Dr. Du Plessis het betyds in hierdie kind se lewe gekom en dit vir altyd ten goede verander. Dit het ons laat besef dat as net een mens ‘n kind se lewe so dramaties kan verander sal ons as ons net so ‘n bietjie van ons tyd en liefde gee soveel meer mense help en bereik.
 

sandy@kruispadhazeldean.co.za

071 882 9815