Barmhartigheid Bediening


Kersfees inni “SkoenBoks”

Ons wil graag vir almal wat hierdie boodskap ontvang,  vra om betrokke te raak by die Kersfees inni “SkoenBoks” projek.

Met hierdie projek beoog ons om honderde minder bevoorregte kinders en gesinne hierdie Kersfees te help om ook ietsie spesiaals vir Kersfees te ontvang.

Ons vra vir elke gesin om vir ons twee “SkoenBokse” te skenk – vir ʼn dogter / seun EN of  vir ʼn man / vrou. Dit is ook ʼn lekker geleentheid vir almal in die gesin om betrokke te raak, en onder mekaar te besluit vir wie hulle graag ʼn “SkoenBoks” wil pak.  Julle is ook welkom om vir ons meer as twee “SkoenBokse” te skenk.

Onder aan die bladsy is instruksies en plakkers wat wat julle kan aflaai van hoe om die pragtig toegedraaide “SkoenBokse” te pak en te merk vir die gekose persoon en gepaste ouderdomsgroep.
 
Vir die inisiatief om ʼn verskil vir so baie behoeftiges te maak,  vra ons vir almal om betrokke te raak. Julle is welkom om hierdie e-pos  vir al julle vriende aan te stuur. Vir persone met hul eie besighede is dit ook ʼn wonderlike manier om julle personeel deel te maak van hierdie insameling projek.

Die afsny datum vir die Kersfees inni “SkoenBoks” insameling projek is Vrydag die 25ste November 2016.

Vir enige verdere inligting is u welkom om ons te kontak op (012) 809-3495 of stuur ʼn e-pos nasandy@kruispadhazeldean.co.za
 
Saai baie liefde en omgee hierdie Kersfees!
Saam kan ons die las ligter maak, en ʼn verskil maak in mense se lewens wat dit regtig nodig het.

Kruispad Groete!
ą
Sandy Botma,
18 Oct 2016, 23:45
ą
Sandy Botma,
18 Oct 2016, 23:45
Comments