FINANSIËLE BYDRAES
Kruispad Gemeente, baie dankie vir julle bydraes, of
dit nou maandeliks is of tydens Sondae se kollekte opnames. Die offers wat U
gee is vir die onderhoud van die gemeente, asook vir die bystandsverlening van verskeie
barmhartigheid organisasies asook vir die verkondiging van die evangelie. Tydens Augustus maand sal daar geen kollekte opnames
tydens die eredienste gedoen word nie. Hierdie is die maand waar u tydens u
stilte tyd, by die Here hoor, waar jy jou maandelikse en kollekte offers moet
saai. Maandelikse offers kan per stop-order of elektroniese
oorplasing gedoen word. Vir 10de offers kan u, u van + 10de as verwysing
gebruik. Vir privaatheid doeleindes, is u welkom om slegs 10de as verwysing
gebruik. Lidmate is ook welkom om bydraes vir enige ander aksie
en organisasies aan die gemeente te maak in die genoemde rekening, maar u word
versoek om duidelik aan te dui vir watter saak die bydrae is. Jou finansiële ondersteuning maak dit moontlik dat ons
met ons werksaamhede kan voortgaan en ons wil graag almal bedank wat ons so
getrou ondersteun. Indien jy graag meer wil weet oor die aanwending van die
fondse, is jy baie welkom om met ons kantoor te skakel. Daar is ook goedgekeurde
finansiële state beskikbaar indien jy sou belangstel.
Kruispad Gemeente van Jesus Rekening Nommer: 0133 838 25
|
|